Straat van Florida
Voorkoms
Straat van Florida | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Straat van Florida | |
Ligging van die Straat van Florida | |
Koördinate: | 23°56′03″N 80°55′33″W / 23.93417°N 80.92583°W |
Ligging: | Bahamas, Kuba, Verenigde State |
Soort: | Seestraat van die Atlantiese Oseaan |
Maksimum diepte: | 1 800 m (6 000 vt) |
Breedte: | 150 km (93 myl) |
Invloei: | Golf van Meksiko |
Uitvloei: | Atlantiese Oseaan |
Eiland/e: | Bahamas, Florida Keys, Kuba |
Nedersettings: | Havana, Miami |
Die Straat van Florida (Engels: Straits of Florida; Spaans: Estrecho de Florida) is 'n seestraat wat die Golf van Meksiko in die weste met die Atlantiese Oseaan in die ooste verbind en Florida in die noorde van Kuba in die suide skei. Aangrensende lande is die Verenigde State in die noorde asook Kuba in die suide en Bahamas in die ooste. Die seestraat se nouste punt is sowat 150 km wyd en dit is tot sowat 1 800 m diep.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Straat van Florida.
- (en) "Straits of Florida". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Junie 2018.