Golf van Meksiko
Voorkoms
Golf van Meksiko | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Golf van Meksiko | |
Kaart van die Golf van Meksiko | |
Koördinate: | 25°N 90°W / 25°N 90°W |
Ligging: | Kuba, Meksiko, Verenigde State |
Soort: | Golf van die Atlantiese Oseaan |
Oppervlakte: | 1 600 000 km² (615 000 myl²) |
Breedte: | 1 500 km (932,06 myl) |
Invloei: | Brazosrivier, Coloradorivier, Mississippirivier, Rio Grande |
Nedersettings: | Havana, Houston, Mobile, New Orleans, Tampa |
Die Golf van Meksiko (ook Golf van Mexiko genoem, Engels: Gulf of Mexico, Spaans: Golfo de México) maak deel uit van die Atlantiese Oseaan en is die grootste golf in die wêreld. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 1 600 000 km².
Die Golf grens in die noorde aan die Verenigde State van Amerika, in die weste en suide aan Meksiko en in die suidooste aan Kuba. Die belangrikste riviere is die Mississippi in die noorde en die Rio Grande in die weste, die grootste stede is New Orleans in die noorde en Havana in die suidooste. Die Golf word deur die Floridastraat tussen Florida en Kuba met die Atlantiese Oseaan en deur die Straat van Yucatan tussen Kuba en Yucatan met die Karibiese See verbind.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Golf van Meksiko.
- (en) "Gulf of Mexico". Encyclopædia Britannica. Besoek op 5 Augustus 2020.