Stuart Cloete
Stuart Cloete | |
Geboortenaam | Edward Fairly Stuart Graham Cloete |
---|---|
Geboorte | Parys, Frankryk | 23 Julie 1897
Sterfte | 19 Maart 1976 (op 78) Kaapstad, Unie van Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Genre | Romans, essays, biografieë, kortverhale |
Bekende werke | Rags of Glory |
Huweliksmaat | Tiny Cloete |
Stuart Cloete (1897–1976) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van romans, essays, biografieë en kortverhale. Sy eerste roman, Turning Wheels (1937), was ’n topverkoper, maar is in Suid-Afrika verbied weens die omstrede kommentaar op die Groot Trek daarin. Die meeste van sy 14 romans, asook sy kortverhale, het historiese temas. Hy is veral bekend vir sy vertelling oor die Anglo-Boereoorlog, Rags of Glory.[1]
Persoonlike lewe
[wysig | wysig bron]Edward Fairly Stuart Graham Cloete op 23 Julie 1897 te Parys in Frankryk gebore. Hy het die meeste van sy volwasse lewe op die dorp Hermanus in Kaapland deurgebring.
Cloete was een van die pioniers van die nou omvangryke literêre subgenre oor die nadraai van kernoorlog. Sy 1947-novelle The Blast is geskryf as 'n dagboek van 'n oorlewende wat in die ruïnes van New York woon (gepubliseer in 6 Great Short Novels of Science Fiction, ed. Groff Conklin, 1954).
Hy is op 19 Maart 1976 in Kaapstad oorlede. Cloete was met Tiny Cloete getroud. Sy oorleef hom en sterf in Augustus 1993. Hulle het nie enige kinders gehad nie.
Werk
[wysig | wysig bron]Romans
[wysig | wysig bron]- Turning Wheels, 1937
- Watch for the Dawn, 1939
- Yesterday is Dead, 1940
- The Hill of Doves, 1941
- The Young Men and the Old, 1941
- Congo Song, 1943
- The Curve and the Tusk, 1953
- The Fiercest Heart, 1955
- Mamba, 1956
- The Mask, 1957
- Gazella, 1958
- Rags of Glory, 1963
- The Abductors, 1966
- How Young they Died, 1969
Kortverhale
[wysig | wysig bron]- Christmas in Matabeleland, 1942
- The third way, 1947
- The soldiers' peaches, and other African stories, 1959
- The silver trumpet, and other African stories, 1961
- The looking glass, and other African stories, 1963
- The thousand and one nights of Jean Macaque, 1964
- The honey bird, and other African stories, 1964
- The writing on the wall, and other African stories, 1968
- Three white swans; and other stories, 1971
- The company with the heart of gold, and other stories, 1973
- More nights of Jean Macaque, 1975
- Canary pie, 1976
Nie-fiksie
[wysig | wysig bron]- African portraits: a biography of Paul Kruger, Cecil Rhodes and Lobengula, last King of the Matabele, 1946
- Against these three, 1947
- The African giant: the story of a journey, 1955
- Storm over Africa: a study of the Mau Mau Rebellion, its causes, effects, and implications in Africa south of the Sahara, 1956
- West with the sun, 1962
- South Africa: the land, its people and achievements, 1968
- A Victorian son: an autobiography, 1897–1922, 1972
- The gambler: an autobiography volume 2, 1920–1939, 1973
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Die amptelike webwerf van die literêre boedel van Stuart Cloete
- Biografie op Britannica
- Nog'n Biografie
- IMDB inskrywing vir die Felste Hart
- IMDB inskrywing vir Majuba
- Artikel met 'n afskrif van sy doodsberig in die Versending ongewoon gemerk op die einde
- RE omstredenheid|Nota oor die verbanning van die Draai van die Wiele