19 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
19 Maart is die 78ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (79ste in skrikkeljare). Daar volg nog 287 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1227 – Pous Gregorius IX volg Pous Honorius III op.
- 1279 – Die Song-dinastie in Keiserlike China eindig met 'n Mongoolse oorwinning tydens die Slag van Yamen.
- 1317 – Jacques Fournier (later Pous Benedictus XII) word biskop van Pamiers.
- 1513 – Pous Leo X word gekroon in Rome.
- 1682 – Koning Lodewyk XIV laat die Franse geestelikes die vier Galliese Vryhede aanvaar.
- 1687 – Die soektog na die monding van die Mississippirivier gelei deur die Franse ontdekkingsreisiger Robert Cavelier de La Salle eindig met 'n muitery en sy dood in Texas.
- 1743 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word biskop gewy.
- 1792 – Pous Pius VI publiseer In gravissimis oor die oppergesag van die pous en Novae hae litterae oor die toestand van die Franse kerk.
- 1799 – Tydens die Helvetiese Republiek word die Switserse frank vir die eerste keer as die enigste geldeenheid vir Switserland ingevoer.
- 1915 – Die planeet Pluto word vir die eerste keer gefotograffeer 15 jaar voor dit uiteindelik deur Clyde Tombaugh by die Lowell Observatory ontdek is.
- 1932 – Die Sydneyhawebrug, 'n belangrike landmerk in Sydney, Australië, word formeel geopen.
- 1982 – Die Falklandoorlog begin met die Argentynse besetting van Suid-Georgia.
- 1998 – Makhaya Ntini word Suid-Afrika se eerste swart nasionale krieketspeler toe hy die land verteenwoordig in 'n vyfdagtoets teen Sri Lanka op die Wanderers.
- 2016 – 'n Boeing 737-800 van die lugredery FlyDubai stort neer en ontplof tydens 'n tweede landingspoging in Rostof aan die Don, Rusland. Al 55 passasiers en ses bemanningslede is op slag dood.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1629 – Aleksei van Rusland, tsaar van Rusland († 1676).
- 1849 – Alfred von Tirpitz, 'n Duitse admiraal († 1930).
- 1853 – Elsie Eloff-Kruger, dogter van pres. Paul en mev. Gezina Kruger († 1924).
- 1873 – Max Reger, Duitse komponis, pianis en orrelis († 1916).
- 1883 – Abraham Duvenage, professor in Wiskunde en Fisika aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1923).
- 1905 – Albert Speer, Hitler se argitek en minister van bewapening († 1981).
- 1906 – Adolf Eichmann, Nazi-Duitse SS-offisier en oorlogsmisdadiger († 1962).
- 1916 – Theo Gerdener, joernalis, skrywer, Natalse administrateur, senator, minister van binnelandse sake, leier van die Demokratiese Party († 2013).
- 1925 – Brent Scowcroft, 'n Amerikaanse lugmag luitenant-generaal en veiligheidsadviseur († 2020).
- 1928 – Clive van Ryneveld, Suid-Afrikaanse krieketspeler, politikus, prokureur en bankier († 2018).
- 1933 – Philip Roth, Amerikaanse romanskrywer († 2018).
- 1936 – Ken Higgins, Suid-Afrikaanse pianis († 2016).
- 1943 – Engemi Ferreira, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2019).
- 1955 – Bruce Willis, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Jake White, Suid-Afrikaanse rugbyafrigter.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 235 – Severus Alexander, keiser van die Romeinse Ryk (* 208).
- 1721 – Pous Clemens XI, die 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1649).
- 1847 – Karel Lodewijk Ledeganck, Vlaamse skrywer (* 1805).
- 1902 – Johannes Kotzé, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Kaapstad (* 1832).
- 1941 – Nikolai Semenovich Kurnakov, Russiese fisiese chemikus (* 1860).
- 1950 – Edgar Rice Burroughs, Amerikaanse skrywer en skepper van Tarzan (* 1875).
- 1953 – Manie Bredell, lyfwag en privaatsekretaris van pres. Paul Kruger (* 1865).
- 1971 – Jan Greshoff, Nederlandse joernalis, digter en skrywer (* 1888).
- 1993 – Dulcie Howes, Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier (* 1908).
- 2008 – Arthur C. Clarke, Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer (* 1917).
- 2008 – Hugo Claus, Vlaamse skrywer (* 1929).
- 2008 – Paul Scofield, Britse akteur (* 1922).
- 2015 – Steve Mokone, Suid-Afrikaanse sokkerspeler (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Sint Josefdag in Katolisisme en Vadersdag in verskeie lande
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 March. |