Susan B. Anthony

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Susan Anthony
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Susan Anthony in 1855

Geboortenaam Susan Brownell Anthony
Gebore 15 Februarie 1820
Adams, Massachusetts
Oorlede 13 Maart 1906
Rochester, New York
Nasionaliteit Verenigde State van Amerika
Beroep Onderwyser
Bekend vir Vroueregte-aktivis
Susan B Anthony signature2.svg

Susan Brownell Anthony (15 Februarie 182013 Maart 1906) was 'n Amerikaanse vroueregte-aktivis. In weerwil van die wet, gaan stem sy op 5 November 1872 tydens die land se presidensiële verkiesing en word daarvoor gearresteer. Sy is op 18 Junie 1873 met $100 vir haar optrede beboet.[1]

Die sogenaamde Anthony-dollar

Anthony begin op 19-jarige ouderdom as 'n onderwyseres te werk, maar het gou in aktivisme teen slawerny en alkoholisme betrokke geraak. In die 1850's het sy nou saam met Elizabeth Cady Stanton om die regte van vroue, onder andere die reg om te stem, geveg. Sy was vir verskeie jare die redakteur van die koerant, The Revolution. Sy was ook vir etlike jare die leier van die National Women's Suffrage Association, wat hulle vir die stemreg van vroue beywer het.

Veertien jaar na haar dood word die Amerikaanse grondwet gewysig om stemreg aan vrouens te verleen. Sy word later die eerste vrou om op 'n Amerikaanse muntstuk (die een-dollar munt) te pryk.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Living Our Values through the Years". Rochester Unitarian.org. Besoek op 30 November 2013. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]