Swaelheksafluoried
Voorkoms
Algemeen | |
---|---|
Naam | Swaelheksafluoried |
Chemiese formule | SF6 |
Molêre massa | 146,06 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 2551-62-4 [1] |
Voorkoms | kleurlose gas [1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | |
Kookpunt | (sublimasie) -50,8 °C[1] |
Digtheid | 6,5 [g/L] (gas), 1,67 (vloeistof)[1] |
Oplosbaarheid | 31 [g/L] @ 25 °C[1] |
Drievoudpunt | -49,596 °C; digtheid= 5,970 [g/L][1] |
ΔvapHɵ | 9,6419 [kJ/mol][1] |
Henry se konstante | 4,52 atm.m3/mol@ 25 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Swaelheksafluoried is 'n verbinding van swael in sy hoogste +6 oksidasietoestand en fluoor met die formule SF6
Dit is 'n opmerkelik inerte kleurlose en reuklose gas. Dit word gewoonlik onder sy eie druk as vloeistof in silinders verhandel.
Struktuur
[wysig | wysig bron]Die molekules het 'n oktaëdriese struktuur. Teen lae temperature kristalliseer dit in 'n monokliniese struktuur.
Eienskappe
[wysig | wysig bron]In die atmosfeer het dit 'n lewensduur van 800-3000 jaar en 'n vermoë om die planeet se temperatuur te verhoog wat 23 900 maal so groot is as koolstofdioksied s'n. [1]