T.B. Joshua

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
T.B. Joshua
تى بى جوشوا.jpg
Mnr. Uche Ogbonna en Senior Profeet T.B. Joshua.
Gebore
Temitope Balogun

12 Junie 1963
Arigidi, Nigerië
NasionaliteitNigerië
BeroepPastoor, TV-evangelis
Bekend virGebedsgenesings
EggenootEvelyn Joshua

Temitope Balogun (T.B.) ­Joshua, ook bekend as "Die Profeet", is 'n Christelike gebedsgeneser in Nigerië. Hy verwerf in die 1990's internasionale bekendheid vir die (soms spekulatiewe) genesings tydens dienste by sy tuiskerk, die Synagogue Church of All Nations (SCOAN) in Lagos. Sy kerk bedryf ook 'n TV-kanaal, genaamd Emmanuel.TV. Hy is in 2012 deur die tydskrif Africa Report as een van die 50 invloedrykste mense in Afrika aangewys. Volgens die Forbes-tydskrif is hy sowat R170  miljoen werd.[1]

Biografie[wysig | wysig bron]

Temitope Balogun is op 12 Junie 1963 in Arigidi, Nigerië gebore. Volgens sy kerk se webtuiste was hy 15 maande lank in sy moeder se baarmoeder voordat hy in armoede gebore is. Hy het sy kerk in die laat 1980's met slegs agt lede gestig. Dit het sedertdien verstommend gegroei en takke is wêreldwyd opgerig (daar is selfs een in Suid-Afrika).

Siekes van heinde en verre besoek sy kerk in die hoop om genesing te ontvang. SCOAN het verskeie video's gepubliseer wat die beweerde genesings, en selfs die genesing van ongeneeslike siektes (soos VIGS) en gestremdhede dokumenteer. Mediese verslae is 'n voorvereiste vir gebed in 'n poging om die wonderwerke wat plaasvind te kontroleer.

Ineenstorting van gastehuis[wysig | wysig bron]

'n Gastehuis by sy kerk het op 12 September 2014 ineengestort. Na bewering was daar ten tye van die voorval 349 Suid-Afrikaners by die kerk, waarvan 84 dood is. Die gebou het inmekaar gestort terwyl werk aan die gang was om twee ekstra verdiepings by die gebou te voeg.[2] Volgens Joshua het 'n klein vliegtuig vier keer oor die gebou gesirkel, waarna dit ingestort het, en dat dit vermoedelik 'n poging was om hom om die lewe te bring. Volgens reddingswerkers is die waarskynlike oorsaak dat die gebou se fondamente nie voldoende versterk is nie.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]