Taipei 101
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Taipei 101 is 'n wolkekrabber in die Taiwanese hoofstad Taipei. Die toring is op 31 Desember 2004 geopen. Met 'n hoogte van 508 meter (sonder antenne 449 meter) was dit tot Julie 2007 die hoogste gebou ter wêreld, waarna dit in hoogte oortref is deur die 2010-geopende Burj Khalifa.
Planne en konstruksie
[wysig | wysig bron]Oorspronklik sou die gebou slegs 66 verdiepings hoog wees. Die bedoeling van die ontwerp was om 'n toring te bou wat as simbool van welvaart en voorspoed van die finansiële gebied in Taipei sou staan. Die bouwerk het op 13 Januarie 1998 begin, waarna besluit word om die gebou te verhoog tot 101 verdiepings. Die konstruksie word erg vertraag weens dié besluit. Nog later tref 'n aardbewing Taipei en omgewing met 'n krag van 6,8 op die richterskaal. Twee hyskrane val om, met vyf sterfgevalle en 'n sewe maande vertraging in bouwerk. Die bopunt word op eindelik 1 Julie 2003 bereik.
Elk jaar word daar volgens tradisie Chinese vuurwerk afgevuur vanaf Taipei 101. Met die toring se opening op oujaarsaand was dit ook die geval. Onder die aanwesiges was onder andere burgemeester Ma Ying-jeou.
Strukturele feite
[wysig | wysig bron]Taiwan lê op die grens van twee tektoniese plate waar aardbewings gereeld voorkom, daarom was dit nodig om spesiale maatreëls te tref by die bou van Taipei 101 om dié natuurkragte te weerstaan. Daarvoor het die argitek 'n ontwerp gekies met 'n gestemde massademper, 'n reusagtige bolvormige gewig (byna 800 ton) in die top van die gebou wat in 'n teenoorgestelde rigting beweeg tydens trillings. Die gewig van die bol absorbeer 'n deel van die bewegingsenergie van die gebou wanneer sulke trillings voorkom, byvoorbeeld tydens windstorms of aardbewings.
Die hysers in die gebou behoort tot die vinnigstes ter wêreld, hulle beweeg teen 60,5 km/h na bo en daal met 'n snelheid van 36,6 km/h. Die hysers is toegerus met 'n eie drukstelsel en noodremme, die kostes per hyser bedra om en by VS$2 miljoen.
Die ontwerp van die gebou is sterk beïnvloed deur die leer van Feng Shui. Die belangrikste vorm wat herken word in die geboustruktuur is die pagode.
Bronne
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |