The Beach Boys
The Beach Boys | |
---|---|
The Beach Boys, 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Hawthorne, Kalifornië, VSA |
Genres | rock'n'roll, surf rock, pop rock |
Jare aktief | 1961— hede |
Etikette | Capitol Records, Brother Records, Reprise, Caribou |
Assosiasies | Jan and Dean, Van Dyke Parks |
Webwerf | http://thebeachboys.com/ http://beachboysband.net/ |
Lede | Al Jardine Bruce Johnston Mike Love David Marks Brian Wilson |
Gewese lede | Carl Wilson Dennis Wilson Ricky Fataar Blondie Chaplin |
The Beach Boys is 'n Amerikaanse pop-groep wat in 1961 gestig is en wie se musiek vandag nog gewild is. Baie van hulle liedjies handel oor jong mense in Kalifornië wat die lewe geniet, in die see baljaar, branders ry, partytjie hou en in vinnige motors rondjaag. Onder hulle treffers tel California Girls, Good Vibrations en I Get Around.[1]
Die oorspronklike groep het uit vyf jongelinge bestaan, drie broers – Brian Wilson (voorsang/baskitaar), Carl Wilson (voorsang/kitaar) en Dennis Wilson (voorsang/tromme), hul bloedneef Mike Love (voorsang), asook vriend Alan Jardine (voorsang/kitaar). David Marks vervang Jardine toe hy moes terugkeer skool toe, maar met sy terugkeer verlaat Marks weer die groep. Bruce Johnston (klavier) het later 'n gereelde orkeslid geword. Hy het Brian Wilson aanvanklik op toer vervang, maar het later ook tydens opnames by hulle ingeval.
Die groep kom soms nog vir konserte byeen.
Diskografie
[wysig | wysig bron]
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Beach Boys. |