Trem

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Trem PESA 120N
Trein van Siemens & Halske

'n Trem (Engels: tramway, tram; Nederlands: tram) is 'n openbare mensevervoerstelsel op spore wat gewoonlik deur elektriese motore aangedryf word. Die elektriese motore verkry hul krag uit oorhoofse kabels. Gewoonlik ry 'n trem op spesiale spore wat op die openbare pad lê, sodat die trem tussen die ander verkeer beweeg. In dié geval word 'n trem met rigtingsaanwysers en remligte toegerus.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die eerste tremstelsel is op 26 November 1832 in Manhattan/ New York geopen en was deur perde getrek. Die spoorstawe was 15 cm hoog en 'n groot belemmering vir ander verkeer. Die perdetrem het eers in ander stede gewild geraak nadat Alphonse Loubat in 1852 die groefspoor ontwikkel het, waardeur die spore gelyk met die oppervlak van die straat gelê kon word. Daarna het die eerste stoomtrems gevolg.

Die eerste elektriese tremstelsel ter wêreld is op 16 Mei 1881 in Berlyn geopen. Werner von Siemens het die eerste waens ontwikkel. Die waens was 4,3 m lank en het op 'n roete van 2,5 km gery. Die topsnelheid van die trem was 20 km/h. Na die Tweede Wêreldoorlog was die tremstelsel nie meer so gewild in Europa nie. Baie stede het die tremroetes deur 'n busvervoerstelsel vervang. Maar onlangs beleef die trem in Europa weer 'n renaissance.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Feitegids-'n Kernensiklopedie (Kaapstad: 2007)
  • Wikipedia Duits: Straßenbahn [1]
  • Wikipedia Engels:tram[2]
  • Wikipedia Nederlands: tram [3]