Usain Bolt
Usain Bolt | |
---|---|
Bolt in 2016 | |
Gebore | Usain St Leo Bolt 21 Augustus 1986 |
Usain St. Leo Bolt (* 21 Augustus 1986, Sherwood Content, Jamaika) is 'n voormalige Jamaikaanse naelloper. Hy het verskeie wêreldrekords verbeter en is bekend vir sy puik prestasie as 'n naelloper, wat hom die bynaam van "Lightning Bolt" in die media besorg het. Hy het by elke wedloop met goue skoene deelgeneem.[2][3][4][5]
Hy het aan die Olimpiese Somerspele van 2004, 2008, 2012 en 2016 deelgeneem. Op 12 Augustus 2017 kondig hy sy uittrede uit atletiek aan. Bolt het ná die Wêreldkampioenskap in 2017 uitgetree, toe hy derde was in sy laaste solo-wedloop van 100 m, by die 200 m onttrek en in die 4 × 100 m-aflos-eindloop gestaak het.
Hy word wêreldwyd as die beste atleet van alle tye beskou.
Biografie
[wysig | wysig bron]Jeug
[wysig | wysig bron]Bolt is gebore in Sherwood Content, 'n klein dorp in Jamaica en studeer aan die William Knibb High School. Hy begin op laerskool met hardloop, alhoewel sy eerste liefde krieket was.
Hy spits hom eers toe op die 200 m voordat hy oorgaan na die 100 m. Op vyftienjarige leeftyd wen hy voor 'n skare van 30 000 mense twee goue medaljes by die wêreldkampioenskappe vir juniors 2002 in Kingston. Vir dié wedloop was hy so senuweeagtig, dat hy per ongeluk sy linkerskoen aan sy regtervoet dra en omgekeerd. Hy het gesê dat dit die laaste keer was dat hy senuweegtig was voor 'n wedloop. Deur sy prestasies kry hy die bynaam "The Lightning Bolt" en "world's fastest man". 'n Jaar later wen hy weer die wereldtitel in die 200 m op die Wêreldkampioenskappe vir juniors in Sherbrooke.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Lawrence, Hubert; Samuels, Garfield (20 Augustus 2007). "Focus on Jamaica – Usain Bolt". Focus on Athletes. International Association of Athletics Federations. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2019. Besoek op 1 Junie 2008.
- ↑ Ellington, Barbara (31 August 2008). He is a happy person, says Usain's mother. Jamaica Gleaner. Retrieved 5 August 2009.
- ↑ "Usain BOLT - Olympic Athletics | Jamaica". International Olympic Committee (in Engels). 27 November 2020. Besoek op 9 Februarie 2021.
- ↑ "Bolt by Numbers". World Athletics (in Engels). 5 Julie 2017. Besoek op 9 Februarie 2021.
- ↑ "Usain Bolt". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 Maart 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Usain Bolt.
Wikiquote het aanhalings in verband met Usain Bolt |
- (en) Amptelike webwerf
- (en) Usain Bolt in die Internet-rolprentdatabasis