Valsbaai-natuurreservaat
Die Valsbaai-natuurreservaat is sedert 2015 ‘n verklaarde Ramsar-vleiland.
Ligging
[wysig | wysig bron]Hierdie reservaat lê op die Kaapse Vlakte en omsluit Rondevlei en Zeekoevlei. Dit is nagenoeg 1 500 ha groot en is by die koördinate 34°4′S 18°31′O / 34.067°S 18.517°O geleë.
Gebruik
[wysig | wysig bron]Zeekoevlei is ‘n woongebied, piekniek- en ontspanningsterrein en verskeie soorte watersport word hier beoefen. Rondevlei is ‘n beskermde gebied.
Plante
[wysig | wysig bron]Ongeveer 256 inheemse plantspesies, insluitend die uiters bedreigde en byna uitgestorwe Erica turgida en Erica verticillata, groei in die gebied. Die Kaapse Vlakte sandfynbos en strandveld kom hier voor. Waterhiasint is 'n lastige indringer op die meeroewers.
Soogdiere
[wysig | wysig bron]Belangrike bevolkings van soogdiere word hier aangetref: die seekoei, groototter, watermuishond, Kaapse grysbok, steenbok, vleirot (Otomys irroratus), grootkolmuskeljaatkat (Genetta tigrini) en kleingrysmuishond.
Voëls
[wysig | wysig bron]‘n Groot verskeidenheid voëlspesies kan hier waargeneem word, insluitend die kleinstrandloper, kemphaan, bontelsie, gewone sterretjie, grootflamink en witpelikaan.
Galery
[wysig | wysig bron]-
'n Uitsig op Zeekoevlei, die oostelike meer in die reservaat
-
Kaapse dwergverkleurmannetjie op die oewer van Zeekoevlei
-
Rustende pelikane op Rondevlei se oewer