Gewone sterretjie
Voorkoms
Gewone sterretjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. hirundo
|
Binomiale naam | |
Sterna hirundo Linnaeus, 1758
|
Die Gewone sterretjie of Gewone seeswael (Sterna hirundo) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Common tern.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die Gewone sterretjie is 'n mediumgrootte grys voël met 'n wit onderkant en 'n swart mus. Die snawel word rooi met 'n swart punt gedurende broeityd. Die voël lyk amper soos die Arktiese sterretjie (Sterna paradisaea) maar die pote en snawel is langer.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Die voël vang vis aflandig en slaap op strande en riviermondings. Dit is 'n groepsvoël en word aangetref in die geselskap van meeue en ander sterretjies. Hulle broei in Europa of noordelike Asië en arriveer in die Suidelike Halfrond in die lente en somer.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne
[wysig | wysig bron]- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000. ISBN 1-86872-449-2
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2004). Sterna hirundo. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006.