Vesto Slipher

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vesto Melvin Slipher
V.M. Slipher.gif
Gebore11 November 1875
Mulberry, Indiana
Sterf8 November 1969 (op 93)
Flagstaff, Arizona
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Alma materLowell Observatory
Bekend viruitsetting van die heelal
ToekenningsLalande-prys (1919)
Goue medalje van die Paryse Akademie van Wetenskappe (1919)
Henry Draper Medalje van die Nasionale Akademie van Wetenskappe (1932)
Goue medalje van die Koninklike Astronomiese Genootskap (1932)
Bruce-medalje (1935)

Vesto Melvin Slipher (11 November 18758 November 1969) was ’n Amerikaanse sterrekundige.[1] Hy het spektroskopie gebruik om die omwentelingperiodes van planete en die samestelling van planetêre atmosfere te ondersoek. In 1912 was hy die eerste sterrekundige wat die verskuiwing van sterrestelsels se spektraallyne waargeneem het en hy was dus die ontdekker van rooiverskuiwings.

Edwin Hubble het sy eie waarnemings van die afstande van sterrestelsels gekombineer met Slipher se meting van rooiverskuiwings. Sy bevindings oor die verhouding tussen afstand en rooiverskuiwings staan deesdae bekend as Hubble se wet. Dit vorm die basis van die moderne model van die uitdyende heel.

Die Slipher-krater op die maan is genoem na Vesto Slipher en sy broer, Earl Slipher, ook ’n sterrekundige.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Nesto (sic) Slipher, 93, Astronomer, Dies". The New York Times. Flagstaff, AZ. 9 November 1969. p. 47. ISSN 0362-4331.