Edwin Hubble

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Edwin Hubble
Edwin-hubble.jpg
Gebore
Edwin Powell Hubble

(1889-11-20)20 November 1889
Marshfield, Missouri, VSA
Sterf28 September 1953 (op 63)
San Marino, Kalifornië
NasionaliteitAmerikaans
Bekend virHubble-klassifikasie van sterrestelsels

Edwin Powell Hubble (20 November 188928 September 1953)[1] was ’n Amerikaanse sterrekundige en is onder meer bekend vir Hubble se wet. Hy kry soms verkeerdelik die krediet daarvoor dat hy die bestaan van sterrestelsels buite die Melkweg ontdek het – dié eer kom egter Vesto Slipher toe.

Die 100 duim-Hooker-teleskoop in die Mount Wilson-sterrewag in Los Angeles County is deur Edwin Hubble gebruik vir sy ondersoek van newels wat geblyk het om sterrestelsels buite ons Melkweg te wees

Hubble het Slipher se ontdekking gewild gemaak dat die verlies in frekwensie wat in die elektromagnetiese spektrum van ander sterrestelsels waargeneem word, toeneem in verhouding met ’n spesifieke sterrestelsel se afstand van die Aarde af. Hierdie verhouding staan bekend as Hubble se wet. Slipher, die onbesonge held van die 20ste-eeuse sterrekunde, het sy bevindings in Augustus 1914 eerste bekend gemaak op ’n vergadering van die Amerikaanse Sterrekundige Vereniging. Weens sy teruggetrokke persoonlikheid word baie van sy ontdekkings aan Hubble toegeskryf.

Die Hubble-ruimteteleskoop is na hom genoem.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. "Biography of Edwin Powell Hubble (1889–1953)" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2012. Besoek op 21 Junie 2011.