VfL Halle 1896
Volledige naam | Verein für Leibesübungen Halle 1896 e.V. |
Stigtingsdatum | 16 Julie 1896 |
Tuisveld | Stadion am Zoo, Halle |
Kapasiteit | 6 000 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Suid |
VfL Halle 1896 is 'n sportklub uit Halle in die deelstaat Sakse-Anhalt in Duitsland. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir handbal, vlugbal, tafeltennis en gimnastiek.
Die klub is op 16 Julie 1896 gestig as Hallescher Fußballclub von 1896 en was een van die stigterslede van die DFB in 1900 in Leipzig. Die klub het in 1909 een van die eerstes in Duitsland geword om sy eie stadion aan te koop en op 4 September 1910 is die nuwe sportkompleks amptelik ingewy met ’n wedstryd teen VfB Leipzig, die toenmalige topklub van Duitsland. Die wedstryd het 10 000 toeskouers getrek.
Die klub het op 23 September 1919 met Kaufmännischen Turnverein Halle saamgesmelt om VfL Halle von 1896 te vorm. In April 1920 het die twee klubs weer uitmekaargespat, maar die klub het sy nuwe naam behou. Die klub het die kampioen van Sentraal-Duitsland in 1917 en 1919 geword, maar as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog het daar nie uitklopwedstryde om die Duitse titel tussen 1914 en 1920 plaasgevind nie.
Tussen 1937 en 1944 het die klub in die Gauliga Sentraal meegeding, destyds op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind. Die klub is op 10 November 1946 as SG Giebichenstein herstig en op 14 Mei 1949 is die klub herdoop na SG Genossenschaften Halle. In 1951 het die klub BSG Empor Halle uit die voorafgaande klub ontstaan, wat op 1 Augustus 1990 die naam SV Empor Halle aangeneem het. Op 4 Julie 1991 het die klub weer die tradisionele naam VfL Halle 1896 teruggeneem.
Die klub het nie gedurende die tydperk van die DDR baie sukses behaal nie en kon slegs vir een seisoen (1980) die DDR-liga (tweede vlak) haal. Die klub speel al jare lank tweede viool teen die liefling-klub van die stad, Hallescher FC. Die klub se grootste moderne prestasie is in 1999 behaal toe daar verrassend na die Regionalliga op die derde vlak gepromoveer is, maar die klub is in 2000 deur die DFB verplig om uit die Oberliga te relegeer as gevolg van finansiële probleme.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike klubwerf Geargiveer 13 Februarie 2010 op Wayback Machine
- The Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Suid 2009/10-seisoen | |
VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | FC Erzgebirge Aue II | SC Boreas Dresden | FC Rooiwit Erfurt II | |