1 Augustus
Voorkoms
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
1 Augustus is die 213de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (214de in skrikkeljare). Daar volg nog 152 dae in die res van die jaar.
Gebeure768 – Die kerklike regbank ontslaan Teenpous Constantinus II.
[wysig | wysig bron]- 1177 – Vrede van Venesië: Keiser Frederik I Barbarossa erken Pous Alexander III.
- 1291 – Die Switserse oerkantons verklaar hulself onafhanklik.
- 1589 – Pous Sixtus V stig die Slawies Kollege in sy bul Sapientiam Sanctorum.
- 1664 – Die Slag van Szentgotthárd vind plaas.
- 1707 – Pous Clemens XI stel Charles Thomas Maillard de Tournon, titulêr patriarg van Antiogië aan as kardinaal.
- 1712 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word biskop van Viterbo en Tuscania (Italië).
- 1774 – Die chemiese element suurstof word onafhanklik deur Joseph Priestley, ontdek - die ontdekking wat vroeër deur Carl Wilhelm Scheele gemaak is, word hiermee bevestig.
- 1798 – Tydens die Napoleontiese Oorloë begin die Slag van die Nyl tussen die Franse en Britse vlote.
- 1876 – Colorado word die 38ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1891 – Viering van die 600ste bestaansjaar van Switserland.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Duitse Keiserryk verklaar oorlog teen die Russiese Ryk en die oorlog begin.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog; Die vyandelike magte bevestig dat hulle Switserland se neutraliteit erken.
- 1936 – Die SAUK word gestig as Suid-Afrika se nasionale uitsaaidiens.
- 1941 – Die Universiteit van Stellenbosch se studentekoerant, Die Matie, se eerste uitgawe verskyn.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Warskou Opstand teen die Duitse besetting begin in Pole.
- 1960 – Benin word van Frankryk onafhanklik.
- 1976 – Motorrenjaer Niki Lauda veg om sy lewe na 'n ongeluk in die Duitse Grand Prix.
- 1981 – MTV maak sy debuut met die liedjie Video Killed the Radio Star deur The Buggles.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 10 v.C. – Claudius, Romeinse keiser († 54).
- 1819 – Herman Melville, Amerikaanse romanskrywer en veral bekend is vir sy meesterstuk: Moby Dick († 1891).
- 1912 – Henry Jones, Amerikaanse akteur († 1999).
- 1924 – Abdoellah bin Abdoel Aziz al-Saoed, die koning van Saoedi-Arabië († 2015).
- 1931 – Trevor Goddard, Springbokkrieketkaptein († 2016).
- 1936 – Yves Saint Laurent, Franse modeontwerper.
- 1939 – John Miles, Afrikaanse skrywer en digter.
- 1948 – Pornpetch Wichitcholchai, Thaise prokureur.
- 1956 – Doug Burgum, Amerikaanse entrepreneur, filantroop en politikus.
- 1957 – Taylor Negron, Amerikaanse akteur, skrywer, skilder en vervaardiger († 2015).
- 1963 – John Carroll Lynch, Amerikaanse akteur.
- 1968 – Marco Börries, Duitse besigheidsman.
- 1979 – Jason Momoa, Amerikaanse akteur.
- 1985 – Tendai "Beast" Mtawarira, Springbokrugbyspeler.
- 1990 – Elton Jantjies, Springbokrugbyspeler.
- 1993 – Leon Thomas III, Amerikaanse akteur en sanger.
- 1994 – Sergeal Petersen, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1997 – Refentse Morake, Afrikaanse ligte sanger.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 30 v.C. – Marcus Antonius, Romeinse politikus (* 83 v.C.).
- 371 – Sint Eusebius van Vercelli.
- 1464 – Cosimo di Giovanni de' Medici, die "Ouere", Italiaanse bankier, politikus en eerste lid van die bekende Medici-familie (* 1389).
- 1714 – Anna, koningin van Engeland, Ierland en Skotland (* 1665).
- 1857 – Peter Frans van Kerckhoven, Vlaamse skrywer en een van die leiers van die vroeë Vlaamse Beweging (* 1818)
- 1869 – Alexine Tinne, Nederlandse ontdekkingsreisiger (* 1835).
- 1869 – Johannes Smuts, 'n staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad (* 1785).
- 1926 – John X. Merriman, langsdienende parlementslid, ook Eerste Minister van die Kaapkolonie (* 1841).
- 1966 – Robey Leibbrandt, bokser en politieke stormvoël (* 1913).
- 1973 – Walter Ulbricht, Oos-Duitse kommunistiese politikus (* 1893).
- 1975 – Vivian Frederick Maynard FitzSimons, Suid-Afrikaanse herpetoloog (* 1901)
- 1996 – Frida Boccara, Franse sangeres (* 1940).
- 1980 – Strother Martin, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 2007 – Ryan Cox, Suid-Afrikaanse fietsryer (* 1979).
- 2013 – Gail Kobe, Amerikaanse aktrise (* 1929).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 August. |