Vriesea
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Vriesea | |
---|---|
Vriesea duvaliana. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Vriesea Lindl.
|
Vriesea is ’n genus van die pynappelfamilie, Bromeliaceae. Dit is genoem na Willem Hendrik de Vriese, ’n Nederlandse plantkundige en fisikus (1806–1862).[1] Dit is ook bekend as vriesia.[2] Die spesies kom wydverspreid in Mexiko, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika en die Wes-Indiese Eilande voor.[3]
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die genus bevat ’n groot verskeidenheid insekplante. Die tregtervormige blarekrans moet altyd met skoon water gevul wees. In die natuur kan paddas deur hul hele lewensiklus gaan in ’n vriesia. Die meeste vriesias is epifiete, of lugplante, en groei sonder grond aan bome. Hulle het nie wortels nie en neem voedingstowwe in deur die middelste deel van die plant wat gevorm word deur ’n roset van leeragtige, donkergroen blare. Spesies soos Vriesea splendens en Vriesea duvaliana het 'n helderrooi bloeiwyse.
Probleme
[wysig | wysig bron]Die plant gaan gewoonlik dood nadat dit geblom het. As die bloeias swart en verrot is, is daar te veel water in die blarekrans. Rooimyte kan ook voorkom.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Bromeliad Society International – Genera Etymology". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2007. Besoek op 14 Februarie 2015.
- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
- ↑ Kew World Checklist of Selected Plant Families
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- BSI Genera Gallery Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine Foto's van vriesias
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vriesea.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Vriesea
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia