Warren Buffett

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Warren Buffett in 2005

Warren Edward Buffett (* 30 Augustus 1930, Omaha, Nebraska) is 'n Amerikaanse sakeman, belegger en filantroop. Hy besit 38% van die aandele van die groot beleggersmaatskappy Berkshire Hathaway, en is van September 2008 die tweede rykste persoon ter wêreld. Sy totale bates word geskat op ongeveer $52 miljard (bron: Forbes 2008). Voor die kredietkrisis was dit nog $62 miljard; op daardie stadium was Buffett gereken as die wêreld se rykste man.

Buffett is die tweede kind van Howard Buffett,'n verkose lid tot die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en het aan die Universiteit van Nebraska gestudeer. Hy het ook ekonomie in Pennsilvanië bestudeer, en sy professor was Benjamin Graham. Na sy studie het Buffett vir 'n kort in Graham se beleggingsmaatskappy gewerk, voordat hy teruggegaan het na Nebraska en sy eie beleggersmaatskappy gestig het.

Van kindsbeen af aan was hy besig met beleggings en om geld te verdien. Een van sy eerste grootste beleggings was in American Express. Hierna het hy beleggings gemaak in Berkshire Hathaway. Dit was toe 'n tekstielbesigheid. Toe Buffett beheer gekry het oor die besigheid het hy die tekstiel afdeling afgeskaf, en die maatskappy omgeskakel na 'n beleggingsmaatskappy.

Buffett doen beleggings in bedrywe met langtermyn groeipotensiaal, maar ook in groter maatskappye soos Coca-Cola (waarvan hy de grootste individuele aandeelhouer is) en Gillette. Hy vermy hoë-tegnologie besighede en is sodoende nie geraak tydens die ineenstorting van die internetaandele in 2000 nie.

Die sakevennoot van Buffett is die superbelegger Charlie Munger. Buffett is een uitgesproke teenstander van buitesporige beloninge deur groot besighede. Vanuit die oortuiging betaal Berkshire Hathaway hul eie bestuur nie groot bonusse nie.

Op 26 Junie 2006 het Buffett bekend gemaak dat hy $37 miljard gaan skenk aan liefdadigheidsorganisasies, waaronder die Bill and Melinda Gates Foundation van Bill Gates.

Op 5 Maart 2008 het Forbes bekend gemaak dat Bill Gates nie langer die rykste persoon op aarde is nie, maar dat hy ingehaal is deur Buffett. In September 2008 het dieselfde tydskrif weer bekendgemaak dat Buffett weer deur Gates ingehaal is.

Eksterne skakels[wysig]