Weimar
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Thüringen |
Koördinate | 50°59′N 11°20′O / 50.983°N 11.333°O |
Stigting (eerste verwysing) | 899 |
Stadstatus | 1410 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 84,48 vk km |
Hoogte bo seevlak | 208 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2015) | 64 131[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 759/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | -°C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -°C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslag | - mm |
Burgemeester | Peter Kleine |
Amptelike Webwerf | weimar.de |
Weimar (Duits: [ˈvaɪmaɐ]) is 'n Duitse stad geleë in die deelstaat Thüringen. Die bevolking soos op 31 Desember 2015 was 64 131. Weimar is 'n beduidende universiteits-, toerisme- en nywerheidsentrum. Weimar is ná Dessau-Roßlau net een van twee Duitse stede wat twee Unesco-wêrelderfenisgebiede huisves. Net Berlyn het drie inskrywings. Die Bauhaus Weimar is in 1996[2] en die Klassieke Weimar in 1998 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.[3]
Weimar is veral bekend vir sy kulturele erfenis. Vier van Duitsland se bekendste skrywers, Christoph Martin Wieland, Johann Wolfgang von Goethe, Johann Gottfried von Herder en Friedrich Schiller, het in die stad gewerk. Hierdie tydperk tussen 1794 en 1805 staan bekend as Weimarer Klassik. Daarbenewens het ander bekende kunstenaars soos Lucas Cranach die Ouere en Lucas Cranach die Jongere (16de eeu), Johann Sebastian Bach (18de eeu), Franz Liszt, Richard Strauss, Friedrich Nietzsche (19de eeu) asook Harry Graf Kessler en Henry van de Velde (20ste eeu) in Weimar gewerk. Na die ondergang van die Duitse Keiserryk en die hoofstad Berlyn se onstabiele politiese klimaat is die Duitse volksvergadering in Weimar gevestig, waarna die Republiek van Weimar (1918–1933) genoem is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (de) Bevölkerung der Gemeinden, erfüllenden Gemeinden und Verwaltungsgemeinschaften nach Geschlecht
- ↑ "Bauhaus and its Sites in Weimar, Dessau and Bernau" (in Engels). Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2020. Besoek op 13 Julie 2017.
- ↑ "Classical Weimar" (in Engels). Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 13 Julie 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Weimar.
- (de) Amptelike webwerf