Wiener Secession

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Wiener Secession-gebou is tussen 1897 en 1898 deur Joseph Maria Olbrich in Wene gebou om kunsuitstallings te huisves

Die Wiener Secession is 'n vereniging van progressiewe beeldende kunstenaars wat uit ontevredenheid oor die heersende konserwatiewe kunsbedryf in 1897 (in die tydperk van die Fin de siècle) in die Oostenrykse hoofstad Wene in die lewe geroep is. As eerste president het Gustav Klimt gefungeer. Die vereniging se amptelike nuusblad was Ver Sacrum ("Heilige Lente").[1]

Die Weense variant van die Jugendstil word, na aanleiding van die Secession, ook Secession-styl of Weense Jugendstil genoem.

Verwysings[wysig | wysig bron]