Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/10 Februarie
Voorkoms
- 1258 – Hülegü Khan en die Mongole plunder Bagdad, en beëindig daarmee die heerskappy van die Abbasidiese Kalifaat.
- 1763 – Groot-Brittanje en Spanje verdeel Nieu-Frankryk met die Verdrag van Parys. Kanada word aan Groot-Brittanje toegeken en Louisiana aan Spanje.
- 1840 – Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha trou met koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk.
- 1908 – Altesaam 32 studente begin in die Kya Rosa in Skinnerstraat, Pretoria, klas draf by die destydse Transvaal Universiteit College, wat later as die Universiteit van Pretoria sou bekend staan.
- 1996 – Deep Blue, die skaakspelende rekenaar, verslaan die internasionale grootmeester en wêreldskaakkampioen Garri Kasparof vir die eerste keer in 'n skaakpot.