Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/12 Desember
Voorkoms
12 Desember: Onafhanklikheidsdag in Kenia (1963)
- 1939 – Finland verslaan die Sowjetunie in die Slag van Tolvajärvi in hulle eerste groot oorwinning in die Winteroorlog.
- 1963 – Kenia word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1991 – Lagos word deur Abuja vervang as die hoofstad van Nigerië
- 1999 – Oorlede: Amerikaanse skrywer en satirikus Joseph Heller.
- 2000 – Die hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika beslis met 'n 5-4 stemming dat die hertelling van stembriefies in Florida, tydens die 2000-presidensiële verkiesing, gestaak moet word.