Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/15 Augustus
Voorkoms
15 Augustus: Mariahemelvaart (Christendom); Onafhanklikheidsdag in Indië (1947); Nasionale Bevrydingsdag van Korea (1945).
- 1769 – Geboortedag van Napoleon Bonaparte in Ajaccio, Korsika.
- 1914 – Die Panamakanaal word in gebruik geneem om 'n kortpad tussen die Atlantiese en die Stille Oseaan te vestig.
- 1945 – Geallieerde nasies vier die einde van die Tweede Wêreldoorlog nadat keiser Hirohito die onvoorwaardelike oorgawe van Japan aangekondig het.
- 1960 – Die Republiek van die Kongo verklaar sy onafhanklikheid van Frankryk.
- 1989 – F.W. de Klerk word staatspresident van Suid-Afrika. Hy volg President P.W. Botha op wat die vorige dag sy bedanking aangekondig het.