Korsika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Korsika

Flag of Corsica.svg Coat of Arms of Corsica.svg

Corse in France.svg
Départements Corse-du-Sud
Haute-Corse
Prefektuur Ajaccio
Bevolking 330 000 inw.
(2017)
Bevolkingsdigtheid 36 inw./vk km
Oppervlakte 8 680 vk km
Arrondissemente 5
Kantons 52
Munisipaliteite 360
President van
Gewestelike Raad
Gilles Simeoni
(Pè a Corsica)

Korsika (Frans: Corse, [kɔʁs], ; Korsikaans: Corsica, [ˈkorsiga]; Italiaans: Corsica, [ˈkɔrsika]) is 'n eilandgebied van Frankryk in die Middellandse See en 'n Région van Frankryk. Die eiland lê in Europa suidoos van Frankryk, wes van Italië en noord van Sardinië. Korsika is die vierde grootste eiland in die Middellandse See ná Sisilië, Sardinië en Siprus. Korsika het 'n bevolking van 330 000 in 2017 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 8 680 km². Die hoofstad en grootste stad is Ajaccio. Die amptelike tale is Korsikaans en Frans.

Nasa-Satellietbeeld van Korsika
Kaart van Korsika

Korsika is in 1768 deur Genua aan Frankryk verkoop; net een jaar later is Napoleon Bonaparte op dié eiland in Ajaccio gebore, hy is van die bekendste Korsikane. Hy het gesê dat hy sy tuisland geblinddoek aan sy geur sal herken. Van die plante wat op hierdie eiland aangetref word, versprei so 'n heerlike geur dat mens dit op 'n afstand kan herken. Tydens die Franse Rewolusie het Engeland die eiland vir 'n kort tydperk beset, maar sedertdien behoort Korsika aan Frankryk. Tydens die fascisme in Italië het Benito Mussolini Korsika in 1936 tot 'n "integrale deel" van Italië verklaar, maar dit is deur die Korsikane verwerp, wat hulself sedertdien as 'n eie groep beskou, maar nie as Italianers nie.

Département Prefektuur ISO 3166-2 Arrondissement Kanton Munisipaliteite Bevolking Oppervlakte Bevolkings-
digtheid
Corse-du-Sud Ajaccio FR-2A 2 22 124 139 362 4014 34,7
Haute-Corse Bastia FR-2B 3 30 236 159 847 4666 34,3

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Die administratiewe geweste van Frankryk (Régions de France) Flag of France
Metropolitaanse geweste (Régions métropolitaines):
Akwitanië | Auvergne | Boergondië | Bretagne | Centre-Val de Loire | Champagne-Ardenne | Elsas | Franche-Comté | Île-de-France | Korsika | Languedoc-Roussillon | Limousin | Lotaringe | Midi-Pyrénées | Nord-Pas-de-Calais | Basse-Normandie | Haute-Normandie | Pays de la Loire | Pikardië | Poitou-Charentes | Provence-Alpes-Côte d'Azur | Rhône-Alpes
Metropolitaanse geweste 2016 (Régions métropolitaines):
Auvergne-Rhône-Alpes | Boergondië-Franche-Comté | Bretagne | Centre-Val de Loire | Grand Est | Hauts-de-France | Île-de-France | Korsika | Nieu-Akwitanië | Normandië | Oksitanië | Pays de la Loire | Provence-Alpes-Côte d'Azur
Oorsese geweste (Régions d’outre-mer):
Frans-Guyana | Guadeloupe | Martinique | Mayotte | Réunion