Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/15 Februarie
Voorkoms
15 Februarie Marialigmis (Oostelike Christendom); Vlagdag in Kanada, Nasionale Dag in Serwië.
- 1861 – Gebore: Alfred North Whitehead, die Brits-Amerikaanse filosoof, fisikus en wiskundige wat bydraes gelewer het tot logika, wiskunde en filosofie.
- 1898 – Die Amerikaanse slagskip USS Maine ontplof en sink in Havana, Kuba - 260 mense sterf in 'n tragedie wat die Spaans-Amerikaanse Oorlog teweeg bring.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Generaal Tomojoeki Jamasjita lei die Japannese magte om die sogenaamde "onoorwinbare fort" van Singapoer in te neem.
- 1989 – Die Sowjetunie kondig amptelik aan dat al sy troepe Afghanistan reeds verlaat het.
- 2003 – Miljoene mense regoor die wêreld neem deel aan die grootste massabetoging in die geskiedenis teen oorlog in die algemeen en spesifiek die beplande inval in Irak.