Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/17 Februarie
Voorkoms
17 Februarie: Tanis Diena in Letland
- 1838 – 'n Groot aantal Voortrekkers sterf in 'n Zoeloeaanval langs die Blaukraansrivier, naby wat nou Weenen is.
- 1854 – Brittanje erken die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat, die hedendaagse Vrystaat, in Suid-Afrika.
- 1895 – Die volle ballet Swanemeer word vir die eerste keer in Sint Petersburg, Rusland, opgevoer met musiek deur Tsjaikofski.
- 1979 – Ongeveer 120 000 troepe van die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek China gaan noordelike Viëtnam binne en begin daarmee die China-Viëtnamoorlog.
- 2008 – Die parlement van Kosowo verklaar sy eensydige onafhanklikheid van Serwië.