Weenen
Weenen | |
---|---|
Dorp | |
Bloukransmonument in Weenen | |
Koördinate: 28°51′S 30°04′O / 28.850°S 30.067°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | uThukela |
Munisipaliteit | Inkosi Langalibalele |
Stigting | 1839 |
Oppervlak | |
• Totaal | 71,98 km2 (27,79 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 126 |
• Digtheid | 43/km2 (110/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.0% |
• Indiërs/Asiërs | 6.4% |
• Bruin mense | 2.8% |
• Swart mense | 83.4% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 80.4% |
• Engels | 11.6% |
• Afrikaans | 4.2% |
• Suid-Ndebele | 1.3% |
• Ander | 2.5% |
Poskode (strate) | 3325 |
Skakelkode | 036 |
Weenen is een van die oudste dorpe in KwaZulu-Natal. Die dorp lê langs die Boesmansrivier, 'n sytak van die Tugelarivier.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Voor Piet Retief vir Dingaan vir die tweede keer besoek het, het die Voortrekkers hulle hier langs die Boesmansrivier gevestig in afwagting op 'n positiewe uitslag van die grondonderhandelings. Weenen is in 1839 deur die Voortrekkers gestig en so genoem as gevolg van hulle geween na aanvalle deur die Zoeloes by Bloukrans en elders. Die distrik het deel gevorm van een van drie distrikte wat deel was van die Voortrekkerrepubliek Natalia. Die eerste besproeiingserwe is in 1884 opgemeet.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 1 059 km² groot en is ideaal vir die verbouing van groente. Ander gewasse wat verbou word is lusern, grondbone en sitrus terwyl veeboerdery ook beoefen word. Die Weenen Natuurreservaat (4 900 ha) is naby die dorp.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Weenen". Sensus 2011.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Weenen.