Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Februarie
Voorkoms
- 197 – Septimius Severus verslaan Clodius Albinus in die Slag van Lugdunum en verseker daarmee volle beheer oor die Romeinse Ryk.
- 1594 – Koning Sigismund III Wasa van die Pools-Litause Gemenebes word gekroon as koning van Swede.
- 1896 – Die Braamfonteinse dinamiet-ontploffing naby Johannesburg se middestad eis tientalle lewens en lê talle geboue in puin, onder meer die eerste kerkgebou van die NG gemeente Fordsburg. Ds. Abraham Kriel het ná die eerste begrafnis van 127 slagoffers "soos 'n kind gesnik".
- 1942 – Darwin, die hoofstad van die Noordelike Gebied, Australië, word hard getref deur 242 bomwerpers en vegvliegtuie van die Japannese vloot.
- 1986 – Die ruimtestasie Mir van die Sowjet-ruimteprogram word gelanseer om die eerste langtermyn-navorsingstasie in die ruimte te vestig.