Sigismund III Wasa
Sigismund III Wasa | |
---|---|
Koning van Pole en Groothertog van Litaue; Koning van Swede | |
Koning Sigismund. Skildery deur Martin Kober, 17de eeu
| |
Vorstehuis | Wasa |
Titels | Sigismund, deur die genade van God koning van Pole, grootvors van Litaue, Roes, Pruise, Masowië, Samogitië, Lyfland, eweso erfkoning van die Swede, Gote en Vandale. |
Regeer as Koning van Pole en Groothertog van Litaue | 18 September 1587 – 19 April 1632 |
Kroning as Koning van Pole en Groothertog van Litaue | 27 Desember 1587; Wawel-katedraal, Krakow |
Voorganger as Koning van Pole en Groothertog van Litaue | Anna van Pole en Stefanus Báthory |
Opvolger as Koning van Pole en Groothertog van Litaue | Władysław IV Wasa |
Regeer as Koning van Swede | 17 November 1592 – 24 Julie 1599 |
Kroning as Koning van Swede | 19 Februarie 1594 |
Voorganger as Koning van Swede | Johann III |
Opvolger as Koning van Swede | Karl IV van Swede |
Volle naam | Sigismund II Wasa |
Gebore | 20 Junie 1566; Mariefred, Swede |
Oorlede | 30 April 1632; Warskou, Pole |
Begrawe | 4 Februarie 1633; Wawel-katedraal, Krakow |
Eggenote | Jogaila |
Kinders | Anna van Oostenryk Konstanza van Oostenryk |
Vader | Johann III |
Moeder | Katherine Jagellonica |
Handtekening |
Sigismund III Wasa (Pools Zygmunt III Waza, Litaus Zigmantas Vaza, Sweeds Sigismund Vasa; * 20 Junie 1566 in die Gripsholm-kasteel te Mariefred in Swede; † 30 April 1632 in Warskou, Pole) was vanaf 1587 as koning van die Koninkryk Pole en as grootvors van die Grootvorstedom Litaue die verkose staatshoof van Pole-Litaue, vanaf 1592 tot en met sy afsetting deur die Sweedse Ryksdag van State in 1599 erfkoning van Swede en vanaf 1599 tot en met sy afsterwe in 1632 titulêre koning van Swede.
Sigismund III is as die seun van koning Johan III van Swede en Katharina Jagiellonka, die suster van die Poolse koning Sigismund II Augustus, gebore. Hy was sodoende sowel 'n lid van die Huis van Wasa asook die Jagiëllone-dinastie.
Koninklike titulatuur
[wysig | wysig bron]Titulatuur in Latyn: „Sigismundus Tertius Dei gratia rex Poloniæ, magnus dux Lithuaniæ, Russiæ, Prussiæ, Masoviæ, Samogitiæ, Livoniæque, necnon Suecorum, Gothorum Vandalorumque hæreditarius rex.“
Afrikaanse vertaling: „Sigismund, deur die genade van God koning van Pole, grootvors van Litaue, Roes, Pruise, Masowië, Samogitië, Lyfland, eweso erfkoning van die Swede, Gote en Vandale.“