Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Februarie
Voorkoms
1 Februarie: Imbolc en Lughnasadh in onderskeidelik die Noordelike en Suidelike Halfrond (Keltiese mitologie); Sint Brigidsdag (Westerse Christendom).
- 1796 – Die hoofstad van Bo-Kanada word geskuif van Newark (nou Niagara-on-the-Lake) na York (nou Toronto), wat as minder kwesbaar vir aanvalle uit VSA beskou is.
- 1946 – Die Noorweegse politikus Trygve Lie word verkies tot die eerste sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.
- 1958 – Egipte en Sirië smelt saam om die Verenigde Arabiese Republiek te vorm.
- 1982 – Senegal en Gambië verenig as Senegambië in 'n los konfederasie wat weer op 30 September 1989 ontbind word toe Gambië weier om nader aan 'n unie te beweeg.
- 2003 – Die ruimtependeltuig Columbia disintegreer bo Texas tydens sy terugkeer in die aarde se atmosfeer op die tuig se 28ste en laaste sending, met die verlies van al sewe die bemanningslede.