Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/25 Februarie
Voorkoms
25 Februarie: Nasionale Dag in Koeweit (1961).
- 1570 – Pous Pius V vaardig die pouslike bul Regnans in Excelsis uit om Koningin Elizabeth I en haar volgelinge in die Kerk van Engeland uit die Rooms-Katolieke Kerk te ban.
- 1836 – Samuel Colt neem 'n patent uit vir die rewolwer.
- 1912 – Marie-Adélaïde, die oudste van ses dogters van Willem IV, word die eerste heersende groothertogin van Luxemburg.
- 1921 – Die Demokratiese Republiek van Georgië word deur die Sowjetse Rooi Leër beset.
- 1986 – EDSA Revolusie: Corazón Aquino word ingehuldig as President van die Filippyne, nadat Ferdinand Marcos uit die land vlug na 'n 20 jaar bewind.