25 Februarie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
<< Februarie 2017 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28
Al die dae

25 Februarie is die 56ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 309 dae in die res van die jaar (310 in skrikkeljare).

Gebeure[wysig | wysig bron]

Pous Hilarius. Hy het 'n edik uitgereik waarin biskop Veranus veroordeel word.
  • 138 - die Romeinse Keiser Hadrianus neem vir Antoninus Pius aan, wat hy tevore reeds as sy opvolger benoem het
  • 464 – Edik van Pous Hilarius waarin biskop Veranus veroordeel word.
  • 493 - Odoaker stem in na die Veldslag van die Kraaie om vredesonderhandelinge met Theodorik die koning van die Oos-Gote te begin. Onder die bemiddeling van die Aartsbiskop Johnnes van Ravenna word twee dae later, 'n verdrag onderteken wat albei konings bewind oor Italië toeken.
  • 1147 - Die begrip Austria vir Oostenryk word vir die eerste keer gebruik in ´n dokument wat deur die Duitse koning Konrad III geteken word.
  • 1489 - Koning Karel VIII van Frankryk, gee die onafhanklikheid aan Monaco.
  • 1570Pous Pius V vaardig die pouslike bul Regnans in Excelsis uit om Koningin Elizabeth I en haar volgelinge in die Kerk van Engeland uit die katolieke kerk te ban.
  • 1593Pous Clemens VIII publiseer die bul Caeca et Obdurata waarin hy Pous Paulus III se besluit bevestig om die Jode van Rome in 'n ghetto te vestig.
  • 1634 - In die kasteel van Eger word tydens 'n feesmaal die volgelinge van Wallenstein, Hertog Adam Erdmann Trčka von Lípa|Trčka, Christian von Ilow, hertog Wilhelm Kinsky von Wchinitz und Tettau en kaptein Neumann vermoor. Wallenstein self word in die huis van die stadsbevelvoerder John Gordon vermoor.
  • 1635 - In die Verdrag van Parys tussen Frankryk en die Verenigde Nederlande word 'n offensiewe en defensiewe verdrag teen Spanje gesluit, in gevolge waarvan by ´n verowering van die Spaanse Nederlande die verowerde land verdeel sou word.
  • 1643 - Tydens die Wapping-oorlog in die Nederlandse kolonie Nieu-Nederland in Noord-Amerika, val Nederlandse soldate ´n Indiaanse dorp aan en onthoof al die inwoners. Die koppe word dan later vir balspele gebruik. Die insident word bekend as die Pavonia-slagting.
  • 1713 - Na die dood van sy vader Friedrich I word Friedrich Wilhelm I die koning van Pruise. As die eerste amptelike handeling verklaar hy sy vader se staatsbegroting ongeldig.
  • 1750Pous Benedictus XIV verklaar Ramon Lull salig.
  • 1831 - Tydens die Poolse November-opstand vind die veldslag van Grochów tussen 'n leër van die Russiese ryk en Poolse rebelle plaas. Die geveg eindig sonder 'n wenner.
  • 1856 - Kongres van Parys: Gesprekke om die Krim-oorlog te beëindig begin onder die leierskap van die Franse]] minister van buitelandse sake Alexandre Colonna-Walewski. Verteenwoordigers van die Ottomaanse Ryk, Oostenryk, Groot-Brittanje, Frankryk en Rusland onderhandel tot 30 Maart oor die terme van die vrede.
  • 1879 – NG gemeente Porterville stig af van Piketberg.
  • 1932 - Adolf Hitler verkry die Duitse burgerskap. Die in Oostenryk-geborene was sedert 1925 staatsloos.
  • 1836Samuel Colt ontvang 'n patent vir die rewolwer.
  • 1912 – Marie-Adélaïde, die oudste van ses dogters van Willem IV, word die eerste heersende Groothertogin van Luxemburg.
  • 1920 - Beleggers uit Antwerpen stig die Belgiese oliemaatskappy Petrofina.
  • 1921 – Die Demokratiese Republiek van Georgië word deur die Sowjet Rooi Leër beset. Met die proklamasie van die Georgiese SSR eindig van die kort tydperk van Georgiese onafhanklikheid.
  • 1944 - Die Royal Air Force vernietig deur ´n swaar bombardement byna die hele stadsentrum van Augsburg.
  • 1954 - Na 'n staatsgreep teen Mohammed Nagib word sy Adjunk Gamal Abdel Nasser, president van die Republiek van Egipte.
  • 1986 – EDSA Revolusie: Corazón Aquino word ingehuldig as President van die Filippyne, nadat Ferdinand Marcos uit die land vlug na 'n 20 jaar bewind.

Geboortes[wysig | wysig bron]

Sterftes[wysig | wysig bron]

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: