Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/30 Julie
Voorkoms
- 1502 – Christophorus Columbus sit voet aan wal by Guanaja op die Bay-eilande aan die kus van Honduras tydens sy vierde ontdekkingsreis.
- 1629 – 10 000 mense sterf in 'n aardbewing in Napels, Italië.
- 1733 – Die eerste herberg van die Vrymesselaars word geopen in die toekomstige Verenigde State.
- 1980 – Vanuatu verkry sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk en Frankryk.
- 1991 – Die Suid-Afrikaanse Groepsgebiedewet word afgeskaf.