Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/5 Februarie
Voorkoms
5 Februarie: Grondwetdag in Meksiko (1917)
- 1859 – Prins Alexander Johan Cuza van Wallachye en Moldawië smelt sy twee vorstedomme saam om die Koninkryk van Roemenië te vorm.
- 1885 – Koning Leopold II van België vestig die Kongo-Vrystaat as sy persoonlike besitting in Afrika.
- 1900 – Die Slag van Vaalkrans begin, wat op 7 Februarie in 'n Boere-oorwinning eindig.
- 1924 – Uurlikse Greenwich-tydseine van die Royal Greenwich Observatory word vir die eerste keer deur die BBC uitgesaai.
- 1965 – Die diefstal van goudstawe van sowat R200 000 uit die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad word ontdek.