Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/6 Februarie
Voorkoms
6 Februarie: Waitangidag, Nasionale dag van Nieu-Seeland (1840)
- 1788 – Massachusetts word die 6de deelstaat van die Verenigde State.
- 1819 – Sir Thomas Stamford Raffles stig Singapoer, 'n nuwe handelspos vir die Brits-Oos-Indië maatskappy.
- 1922 – Frankryk, Italië, Japan, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State teken die Washington-vlootooreenkoms om die vlootwapenwedloop in toom te hou.
- 1952 – Die Hertogin van Edinburg hoor van haar opvolging tot die Britse troon terwyl sy in Kenia is – sy word daarmee koningin Elizabeth II.
- 1959 – Jack Kilby doen 'n patentaansoek vir die eerste geïntegreerde stroombaan.