Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/7 Februarie
Voorkoms
7 Februarie: Onafhanklikheidsdag in Grenada (1974)
- 457 – Leo I word keiser van die Bisantynse Ryk.
- 1301 – Edward van Caernarvon, die toekomstige koning Eduard II, word die eerste Engelse troonopvolger met die titel Prins van Wallis.
- 1940 – Pinocchio, die Oscar-bekroonde Disney-animasierolprent gegrond op 'n storie deur Carlo Collodi, word vir die eerste keer uitgereik.
- 1984 – Die Nasa-ruimtevaarder Bruce McCandless II voer die eerste ongeankerde ruimtewandeling uit deur 'n Bemande-stuureenheid te gebruik.
- 1992 – Die Maastrichtverdrag, wat lei tot die stigting van die Europese Unie, word in Maastricht, Nederland, onderteken.