Grenada

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Grenada
Vlag van Grenada Wapen van Grenada
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Ever Conscious of God We Aspire, Build and Advance as One People[1]
(Engels vir: "Ewig bewus aan God streef ons daarna om as een volk te bou en vooruit te kom")
Volkslied: Hail Grenada
(Engels vir: "Wees gegroet, Grenada")

Koninklike volkslied: God Save the Queen
(Engels vir: "God beskerm die koningin")
Ligging van Grenada
Hoofstad St. George’s

12°3′N 61°45′W / 12.050°N 61.750°W / 12.050; -61.750

Grootste stad St. George’s
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Parlementêre demokrasie
en grondwetlike monargie
Elizabeth II
Cécile La Grenade
Keith Mitchell
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk
• Grenada-rewolusie
• Grondwet herstel

3 Maart 1967
7 Februarie 1974
13 Maart 1979
4 Desember 1984
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
348,5 km2  (185ste)
134,6 myl2
1,6
Bevolking
 - 2016-skatting
 - Digtheid
 
107 317[2] (185ste)
318,58 / km2 (45ste)
825,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1,781 miljard[3]
$16 603[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1,072 miljard[3]
$9 995[3]

MOI (2016) Green Arrow Up Darker.svg 0,754[4] (79ste)  –  hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .gd
Skakelkode +1-473

Grenada (Engels: [ɡrɪˈneɪdə], ) is 'n eilandnasie in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 348,5 km² en 'n bevolking van 107 317 in 2016. Dit bestaan uit die hoofeiland Grenada en die suidelike eilande van die Grenadines soos Carriacou; almal behoort tot die Klein Antille.

Nasa-Satellietbeeld van Grenada
Kaart van Grenada

Grenada is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die noordweste van Trinidad en Tobago, in die noordooste van Venezuela en in die suidweste van St. Vincent en die Grenadine geleë. Die hoofstad en grootste stad is St. George’s, wat op die hoofeiland Grenada geleë is.

Grenada is in 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en La Concepción genoem, ná Maria se onbevlekte ontvangenis van Jesus van Nasaret. Dié eiland is later deur Spaanse matrose ná die Spaanse stad Granada hernoem na Grenada.[5] Alhoewel dit as deel van die Spaanse Ryk beskou is, is dié eiland nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. In 1650 het egter Frankryk met die kolonisasie van Grenada begin en Franse burgers het op dié eiland gevestig. Op 10 Februarie 1763 is Grenada volgens die Verdrag van Parys in 1763 aan Groot-Brittanje afgestaan en by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 3 Maart 1976 het Grenada volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 7 Februarie 1974 het Grenada van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Tydens die Grenada-rewolusie is die regering op 13 Maart 1979 met Kubaanse ondersteuning omvergewerp en die grondwet ontbind. Ná 'n intervensie deur die Verenigde State is die grondwet op 4 Desember 1984 herstel en die regering weer ingesit. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Dié eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[6]

Krieket is Grenada se gewildste sportsoort en spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het dié eilandnasie die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Coat of Arms of Grenada". Regering van Grenada. 21 Augustus 2009. Besoek op 19 Mei 2018. 
  2. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 19 Mei 2018. 
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Grenada". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 19 Mei 2018. 
  4. (en) "2015 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2015. Besoek op 19 Mei 2018. 
  5. (en) Crask, Paul (1 Januarie 2009). Grenada, Carriacou and Petite Martinique. Bradt Travel Guides. p. 5. ISBN 9781841622743. Besoek op 19 Mei 2018. 
  6. (en) "Grenada". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 19 Mei 2018. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Noord-Amerika
Lande: Antigua en Barbuda | Bahamas | Barbados | Belize | Costa Rica | Dominica | Dominikaanse Republiek | El Salvador | Grenada | Guatemala | Haïti | Honduras | Jamaika | Kanada | Kuba | Meksiko | Nicaragua | Panama | St. Kitts en Nevis | St. Lucia | St. Vincent en die Grenadine | Trinidad en Tobago | Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede: Koninkryk van Denemarke: Groenland | Frankryk: Clipperton - Guadeloupe - Martinique - Saint-Martin - Sint Bartolomeus‎ - Sint Pierre en Miquelon | Koninkryk van die Nederlande: Aruba - Curaçao - Sint Maarten | Nederland: Bonaire - Saba - Sint Eustatius | Verenigde Koninkryk: Anguilla - Bermuda - Britse Maagde-eilande - Kaaimanseilande - Montserrat - Turks- en Caicoseilande | Verenigde State: Amerikaanse Maagde-eilande - Navassa - Puerto Rico

Lande van: Afrika - Asië - Europa - Oseanië - Suid-Amerika