Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/7 Julie
Voorkoms
7 Julie: San Fermín in Pamplona, Navarra, Spanje.
- 1456 – Johanna van Arkel word deur pous Callixtus III onskuldig bevind meer as 20 jaar na haar dood op die brandstapel.
- 1846 – Meksikaans-Amerikaanse Oorlog: Kommodoor John Drake Sloat beset Monterey en Yerba Buena, en begin daarmee die Verenigde State se anneksering van Kalifornië tydens die oorlog met Meksiko.
- 1898 – Die Verenigde State annekseer Hawaii.
- 1969 – Frans word gelyk gestel met Engels in die hele Kanadese nasionale regering.
- 1985 – Boris Becker wen as eerste Duitser en op 17 die jongste speler ooit, die mansenkelspelkampioenskap op Wimbledon deur Suid-Afrika se Kevin Curren in vier stelle te klop.