Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/8 Julie
Voorkoms
- 1497 – Vasco da Gama begin die eerste direkte seevaart van Europa na Indië.
- 1709 – In Oekraïne verslaan Pieter I van Rusland vir Karel XII van Swede by Poltava en beëindig daarmee Swede se rol as 'n grootmoontheid in Europa.
- 1776 – Volgens oorlewering word die Liberty Bell in Philadelphia, Pennsilvanië, vir die eerste lesing van die Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring gelui.
- 1777 – Die "Republiek van New Connecticut" word herdoop tot die "Republiek van Vermont".
- 1889 – Die eerste uitgawe van die Wall Street Journal word gepubliseer.