Xiaoxue

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sontermyne
  Lengtegraad     Termyn     Datum
 Lente
  315°   Lichun  4-5 Februarie
  330°   Yushui  18-19 Februarie
  345°   Jingzhe  5-6 Maart
  0°   Chunfen  20-21 Maart
  15°   Qingming  4-5 April
  30°   Guyu  20-21 April
  Somer
  45°   Lixia  5-6 Mei
  60°   Xiaoman  21-22 Mei
  75°   Mangzhong  5-6 Junie
  90°   Xiazhi  21-22 Junie
  105°   Xiaoshu  7-8 Julie
  120°   Dashu  22-23 Julie
 Herfs
  135°   Liqiu  7-8 Augustus
  150°   Chushu  23-24 Augustus
  165°   Bailu  7-8 September
  180°   Qiufen  23-24 September
  195°   Hanlu  8-9 Oktober
  210°   Shuangjiang    23-24 Oktober
  Winter
  225°   Lidong  7-8 November
  240°   Xiaoxue  22-23 November
  255°   Daxue  7-8 Desember
  270°   Dongzhi  21-22 Desember
  285°   Xiaohan  5-6 Januarie
  300°   Dahan  20-21 Januarie

Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]

Grade van die
sontermyne

Xiaoxue (Chinees: 小雪; pinyin: xiǎoxuě) of shosetsu (Japannees: 小雪) is die 20ste sontermyn en die tyd wanneer dit liggies begin sneeu. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 240° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 255° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 240° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 22 November (23 November Oos-Asiatiese tyd)[2] en eindig dit omstreeks 7 Desember.

Pentades[wysig | wysig bron]

Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van xiaoxue is:

  • Eerste pentade: Die reënboë verdwyn uit sig (虹藏不見); daar word geglo reënboë is die resultaat van ’n energievermenging van jin en jang, en omdat die winter deur jin oorheers word, sal daar nie dan reënboë wees nie.
  • Tweede pentade: Die qi van die lug styg op en die qi van die aarde daal af (天氣上騰地氣下降); qi is ’n lewensbelangrike krag in elke wese.
  • Laaste pentade: Afsluiting en stilstand skep die winter (閉塞而成冬); die einde van die vermenging van lug en aarde, jin en jang, lei tot die rustoestand van die winter.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 24 Sekki”. Glossary. National Astronomical Observatory of Japan.
  2. Matsukawa, Mitsuharu. “24 Sekkis, or Twenty-Four Japanese Small Seasons”. Nagoya University.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Vorige termyn
Lidong (立冬)
Xiaoxue (小雪) Volgende termyn
Daxue (大雪)