Yshokkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Yshokkiebaan in Örnsköldsvik, Swede
Yshokkiespeler Joffrey Lupul

Yshokkie is 'n spansport wat deel is van die hokkiefamilie van sportsoorte. Dit word meestal in Kanada, die noorde van die VSA en in Europa gespeel. Dit is bekend as 'n baie gewelddadige en vinnige sport. Die spelers trek baie beskermende klere aan wat daartoe lei dat die spelers nog harder speel.

Die moderne spel het in die omgewing van Montreal ontstaan waar die eerste georganiseerde binnenshuise spel op 3 Maart 1875 geskied het. Die Dominion Hockey Challenge Cup, wat later die bekende Stanley Cup sou word is in 1893 die eerste keer toegeken met Montreal HC as wenner. Sedert die Eerste Wêreldoorlog word die spel professioneel gespeel.

Die spel word in drie 20-minute-blokke verdeel, maar gelykoptellings kan tot verdere blokke se ekstratyd lei. Na elke blok wissel die spanne kante en in die ekstratydblokke, bekend as 'n valbyl ("sudden death"), wen die span wat eerste 'n doel aanteken. Daar is verskillende maniere om 'n gelykoptelling te hanteer in die verskillende wêrelddele.