Gaan na inhoud

Ytterbium(III)fosfaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Ytterbium(III)fosfaat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule YbPO4
Molêre massa 268.02 [g/mol]
CAS-nommer 13759-80-3[1]  
Voorkoms vastestof
Fasegedrag  
Selkonstantes a = 680,93; c = 596,39 pm[2]  
Ruimtegroep I41/amd 
Nommer 141  
Strukturbericht S1₁
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheid onoplosbaar 
ΔfHɵ -1929,4±4,9 [kJ/mol][3]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt onbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Ytterbium(III)fosfaat is 'n sout van ytterbium en fosforsuur met die chemiese formule YbPO4.

Die stof en sy kristalle kan uitgaande van die suiwer metaal met 'n hidrotermale metode vervaardig word.[4]

Kristalstruktuur

[wysig | wysig bron]

Die verbinding kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur soos die mineraal xenotiem. Hierdie struktuur is as die sirkoon-struktuur bekend, die S11-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit is so vir al die later lantaniedfosfate LnPO4, Ln=Tb,Dy,Ho,Er,Tm,Yb en Lu.[2]

Optiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

Poeiers van gehidrateerde YbPO4.nH2O van nanogrootte kan deur presipitasie uit waterige oplossings vervaardig word. Die struktuur, deeltjiesgrootte en optiese eienskappe van die neerslag kan deur kalsinering verder aangepas word. Teen temperature bo 800 °C word die watervrye xenotiem- of sirkoonstruktuur verkry. Dit het interessante optiese eienskappe met verskeie skerp pieke in die absorpsie- en emissiespektra vanuit sy 2F7/2 en 2F5/2-toestande. [5]

Glase van gemengde erbium- en ytterbiumfosfaat word gebruik as lasermedium. Die 4I13/2-energievlak van erbium het 'n lang lewensduur. Die energieoordrag se doeltreffendheid van Yb na Er is hoog en dit het hoë absorpsie- en emissiedeursneë. Dit word in laserafstandmeters, LIDAR- en LIBS-stelsels gebruik.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ytterbium phosphate". PubChem NIH.
  2. 2,0 2,1 Yunxiang Ni, John M. Hughes,Anthony N. Mariano (1995). "Crystal chemistry of the monazite and xenotime structures". American Mineralogist. 80: 21–26.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. Ushakov, S.V., Helean, K.B., Navrotsky, A (2001). "Thermochemistry of rare-earth orthophosphates". Journal of Materials Research. 16: 2623–2633. doi:10.1557/JMR.2001.0361.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. L.A. Boatner, G.W. Beall, M.M. Abraham, C.B. Finch, R.J. Floran, P.G. Huray and M. Rappaz (1981). Management of Alpha-Contaminated Wastes in: IAEA-SM-245/73. Vienna: International Atomic Energy Agency. p. 114.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. Veber, Alexander; Salminen, Turkka; Matthes, Anne; Mueller, Robert; Wondraczek, Katrin; Petit, Laeticia (2020). "Synthesis, Characterization, and Optical Properties of Ytterbium(III) Phosphates and Their Incorporation in Different Glass Matrices". ACS Publications. Collection. doi:10.1021/acs.jpcc.0c07442.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  6. "Er, Yb:phosphate glass". 4lasers.