Yvonne Bryceland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Yvonne Bryceland
Athol Fugard en Yvonne Bryceland
Yvonne Bryceland by Athol Fugard, in wie se toneelstukke sy dikwels opgetree het.

Geboortenaam Yvonne Heilbuth
Geboorte 18 November 1925
Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Sterfte 13 Januarie 1992
Londen
Beroep(e) akteur
Aktiewe jare 1947-1991
Rolprente Boesman and Lena
Stealing Heaven
A World Apart
The Road to Mecca
Toekennings Laurence Olivier-teaterprys (1985, The Road to Mecca)
Evening Standard-prys vir beste aktrise (1984)
Orde van Ikhamanga in Silwer
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Yvonne Bryceland (18 November 192513 Januarie 1992) was ’n Suid-Afrikaans gebore aktrise. Sy is as Yvonne Heilbuth in Kaapstad gebore en het as bibliotekaresse by ’n koerant gewerk voordat sy ’n aktrise geword het.[1]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Bryceland het haar teaterdebuut in 1947 in Stage Door gemaak. Van 1969 tot '71 was sy by Kruik, waar sy onder meer in Rosencrantz and Guildenstern are Dead gespeel het. Van die bekendste toneelstukke waarin sy opgetree het, is deur Athol Fugard geskryf: People are Living There, Hello and Goodbye, Boesman and Lena, Orestes en ander.

Sy en haar man, Brian Astbury, het in 1972 die eerste nierassige teater in die land, Die Ruimte, in Kaapstad geopen. Van die talle stukke waarin sy daar opgetree het, was die openingstuk, Fugard se Statements After an Arrest Under the Immorality Act, Fragments, The Glass Menagerie, Othello Slegs Blankes, Ruffian on the Stair, The Bitter Tears of Petra Von Kant.

Bryceland het ook in verskeie stukke in die Markteater in Johannesburg opgetree, soos in People Are Living There saam met Wilson Dunster en Danny Keogh in 1977, in Brecht se Mother Courage saam met Aletta Bezuidenhout in 1977, en in The Road to Mecca saam met Elize Cawood en Louis van Niekerk in 1984.

In 1979 het Bryceland en Astbury Die Ruimte toegemaak en na Londen verhuis, waar sy vir die National Theatre Company gewerk en verskeie pryse gewen het, soos die Laurence Olivier-teaterprys en die Evening Standard-prys. Sy het ook in die rolprentweergawes gespeel van die meeste van Fugard se toneelstukke, soos The Road to Mecca, ook met Fugard en Kathy Bates, wat internasionaal versprei is.

Sy is in 1992 in Londen dood. Die president van Suid-Afrika se Orde van Ikhamanga in Silwer is ná haar dood aan haar toegeken. [2]

Filmografie[wysig | wysig bron]

  • Boesman and Lena (1973)
  • Stealing Heaven (1988)
  • A World Apart (1987)
  • The Road to Mecca (1991)

Toneelstukke[wysig | wysig bron]

  • Stage Door (1947)
  • Rosencrantz and Guildenstern are Dead
  • People are Living There
  • Hello and Goodbye
  • Boesman and Lena
  • Orestes
  • Statements After an Arrest Under the Immorality Act (1972)
  • Fragments
  • The Glass Menagerie
  • Othello Slegs Blankes
  • Ruffian on the Stair
  • The Bitter Tears of Petra Von Kant
  • People Are Living There (1977)
  • Mother Courage (1977)
  • Going to Pot
  • Dimetos
  • The House of Blue Leaves
  • Kennedy's Children
  • A Long Day's Journey into Night
  • Madly in Love
  • Medea
  • Miss South Africa
  • Occupations
  • A Phoenix too Frequent
  • The Tiger
  • Alpha Beta
  • Ashes
  • Bar and Ger
  • The Bear
  • The Woman (1978)
  • The Road to Mecca (1984)
  • Mother

Pryse[wysig | wysig bron]

  • Laurence Olivier-teaterprys (1985, The Road to Mecca)
  • Evening Standard-prys vir beste aktrise (1984)
  • Orde van Ikhamanga in Silwer (nadoods)

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]