Muizenberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Muizenberg
Muizenberg vanaf Boyes-rylaan.
Muizenberg vanaf Boyes-rylaan.
Ligging van Muizenberg op 'n kaart (Wes-Kaap)
Muizenberg
Muizenberg
Koördinate: 34°7′0″S 18°28′0″O Koördinate: 34°7′0″S 18°28′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Eerste ontstaan 1743
Bevolking (2001)
 - Stad 11 418
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7945
Skakelkode(s) (021) 787/788

Muizenberg is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika en is geleë aan die noordweste van Valsbaai. Muizenberg spog met geboue in die Victoriaanse en Edwardiaanse styl, waaronder Muizenberg-stasie, asook een van die beste strande vir swem en branderplankry. Die wit strand met sagte branders is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is glo vernoem na Wynand Willem Muijs wat in 1743 die bevel oor 'n klein buitepos hier gevoer het. Die dorp was op 'n tyd die ligging van een van die beroemdste halfweghuise in die Kaapse geskiedenis, "Farmer Peck's Inn", wat in 1825 gebou is op die pad wat Muizenberg met Simonstad verbind.

Muizenberg-stasie

Die Slag van Muizenberg was 'n klein, maar beslissende militêre aksie wat in Junie 1795 begin en drie maande later met die eerste Britse besetting van die Kaap geëindig het. Dit was, behalwe vir 'n kort onderbreking tussen 1804 en 1806, die beginpunt van Britse bewind aan die Kaap en later ook in groot dele van Suider-Afrika. Oorblyfsels van 'n verdedigingsfort, wat deur die Nederlanders in 1795 teen 'n heuwel aan die Valsbaaikant opgerig en vanaf 1796 deur Britse magte uitgebrei is, kan steeds besigtig word.

'n Ander historiese besienswaardigheid is Rhodes' Cottage, 'n huisie op Muizenbergstrand wat in 1899 deur die Britse staats- en sakeman en premier van die Kaapkolonie (1890-1896), Cecil John Rhodes, as vakansiehuis gekoop is. Dit was Rhodes se aftreeplek waar hy in 1902 oorlede is. Die huisie is tans 'n museum wat aan Rhodes se lewe gewy is.

Muizenberg was ook een van die Britse digter Rudyard Kipling se gunstelingplekke. Een van sy gedigte is aan die stranddorp gewy. Ander bekende persoonlikhede, wat vakansiehuise in Muizenberg gekoop of laat bou het, sluit Transvaalse mynboumagnate soos Sammy Marks, Sir Abe Bailey, die Schlesinger- en die Oppenheimer-gesin in, die skryfster Olive Schreiner en die argitek Sir Herbert Baker wat van die vakansiehuise in Muizenberg ontwerp het.

Vanaf die 1920's en 1930's het sowat 600 Joodse immigrantegesinne uit Oos-Europa hulle in die dorp gevestig wat 'n belangrike rol by die ontwikkeling van plaaslike nywerhede, hotelle en skole gespeel het. In 1924 het Muizenberg se sinagoge sy deure geopen.[1]

White as sand of Muizenberg. Spun before the gale...
Kleurvolle Strand Huise

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]