Kaapse Skiereiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Landsat beeld wat die Kaapse Skiereiland in die voorgrond vertoon. [1]

Die Kaapse Skiereiland is 'n meestal rotsagtige skiereiland wat 75 kilometer in die Atlantiese Oseaan in steek op die suidwestelike hoek van Afrika. By die suidelike punt van die skiereiland is Kaappunt en Kaap die Goeie Hoop. Aan die noorde punte is die beroemde Tafelberg bo Kaapstad, Suid-Afrika.

Die skiereiland was vroeër 'n eiland, maar ongeveer sestig miljoen jaar gelede is dit met die vasteland verbind deur die verrysing van die sanderige gebied wat nou as die Kaapse Vlakte bekend staan. Die dorpe op die Kaapse Skiereiland vorm nou deel van Groot-Kaapstad.

Kaap die Goeie Hoop word soms aangegee as die ontmoetingspunt van die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan. Die Internasionale Hidrografiese Organisasie definieer die oseaangrens egter sodat die ontmoetingspunt by Kaap Agulhas is, omtrent 200 km suidoos van Kaapstad. [2]

Die Kaapse Skiereiland is ryk aan natuurskoon en byna die hele skiereiland vorm deel van die Tafelberg Nasionale Park, 'n natuurreservaat wat in 1998 gestig is.


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg