Adélieland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die Antarktiese kusgebied. Vir die artikel oor die Franse kolonie, sien asb. France Antarctique.
Adélieland
Terre Adélie
(Frans)
Flag of the French Southern and Antarctic Lands.svg Armoiries des Terres australes et antarctiques françaises.svg
(Vlag van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede) (Wapen van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede)
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité
Kaart van geëiste gebiede op Antarktika
Kaart van geëiste gebiede op Antarktika
Ligging van die Adélieland op Antarktika
Ligging van die Adélieland op Antarktika
Amptelike tale Frans
Hoofstad Dumont d'Urville Station
Grootste stad Dumont d'Urville Station
Eerste Minister Rollon Mouchel-Blaisot
Oppervlakte
 - Totaal
432 000 vk km
Bevolking
 - Totaal (Winter)
 - Bevolkingsdigtheid
33
0/vk km
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone UTC: UTC +10
Volkslied La Marseillaise

Adélieland (Frans: Terre Adélie) is die gedeelte van die Antarktiese kus tussen Pourquoi Pas-punt by 66°12′S, 136°11′O en Aldenpunt by 66°48′S, 142°02′O, met 'n kuslengte van 350 km en met die binneland daarvan wat as 'n sektor omtrent 2600 km in die rigting van die Suidpool strek. Dit is een van vier distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede. Aangesien die grondgebied geheel en al suid van die 60° breedtegraad is, is die affiliasie met die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede in terme van die Antarktiese Verdrag opgeskort. Die grond gebied, wat meestal deur ys bedek is, word as 432 000 km2 groot geskat.

Sedert 12 Januarie 1956 is daar 'n permanent bemande Franse navorsingsbasis, Dumont d'Urville Station, met 'n winterbevolking van 33, wat tot 78 styg in die Antarktiese somer. Die eerste Franse stasie, Port Martin, is op 9 April 1950 by 66°49′S, 141°23′O, opgerig maar is op 21 Januarie 1952 deur 'n brand vernietig. Frankryk het ook 'n binnelandse stasie op die Antarktiese ysplaat, 300 km van die kus en van Dumont d'Urville Stasie, op 'n hoogte van 2400 meter, Charcot-stasie by 69°22′S, 139°01′O, van Januarie 1957 tot 1960 gehad wat slegs drie mense gehuisves het.

Adélieland grens beide in die ooste en die weste aan die Australiese Antarktiese Gebied, naamlik op Claireland (deel van Wilkesland) in die Weste, en George V-land in die Ooste.

Die kus is in 1837 deur die Franse ontdekkingsreisiger Jules Sébastien César Dumont d'Urville ontdek, wat dit na sy vrou, Adélie, vernoem het.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakel[wysig]


 
Antarktiese gebiedsaansprake
Flag of Antarctica.svg

Flag of the French Southern and Antarctic Lands.svg Adélieland
Bandera de la Provincia de Tierra del Fuego.svg Argentyns-Antarktika
Flag of Australia.svg Australies-Antarktiese Gebied
Flag of the British Antarctic Territory.svg Brits-Antarktiese Gebied

Flag of Magallanes, Chile.svg Chileens-Antarktika
Flag of New Zealand.svg Ross-Afhanklikheid
Flag of Norway.svg Koningin Maudland · Peter I-Eiland
Flag of German Reich (1935–1945).svg Voormalige aanspraak: Nieu-Swabië  (1939–1945)


Distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede Vlag van Frankryk

Amsterdameiland en Sint-Pauleiland - Crozeteilande - Kergueleneilande - Adélieland - Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan