Peter I-Eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Peter I-Eiland
Inheemse naam: Peter I Øy
Ligging van Peter I-Eiland
Ligging van Peter I-Eiland
Geografie
Ligging Suidelike Oseaan, Antarktika
Koördinate 68°53′S 90°34′W
Oppervlak 156 vk km
Hoogste punt Lars Christensentoppen 1 755 m
Administrasie
Vlag van Noorweë Noorweë
Oorsese gebied Peter I-Eiland
Kus van die Peter I-Eiland
Kaart van die Peter I-Eiland

Fabian von Bellingshausen het Peter I-Eiland (Noors: Peter I Øy) op 21 Januarie 1821 naby die kus van Wes-Antarktika ontdek. Dit is vernoem na die Russiese keiser Peter I. Ola Olstad voer die eerste suksesvolle landing op 2 Februarie 1929 uit en eis die eiland vir Noorweë. Die aanspraak is, soos alle aansprake van gebiede suid van 60°S, opgeskort in terme van die Antarktiese Verdrag. Die ander Antarktiese gebied waarop Noorweë aanspraak maak is Koningin Maudland. Peter I-Eiland is die enigste Antarktiese aanspraak onder die Antarktiese Verdrag wat nie 'n sektor is nie.

Die eiland het 'n oppervlak van 243 km² en bereik 'n hoogte van 1755 meter op Lars Christensenpiek, wat 'n vulkaan is. Dit is nie bekend of dit geblus is of nie aangesien die boonste gedeelte oënskynlik onveranderd deur gletserwerking is. Dit lê by 68° 50' Suid, 90° 35' Wes, ongeveer 450 km van die kus van Wes-Antarktika. Dit word deur pakys omring behalwe vir 'n kort tydperk in die laat somer. Dit is 95% vergletser.

Amateurradio[wysig]

Die amateurradio voorvoegsel vir die eiland is 3Y, en die eiland tree af en toe op as gasheer vir DX-pedition. As een van die moeilikste entiteite om te kontak vir die gewilde DX Century Club toekenning, veroorsaak die geleenthede intense verkeersvlakke.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Peter I-Eiland (kategorie)


 
Antarktiese gebiedsaansprake
Flag of Antarctica.svg

Flag of the French Southern and Antarctic Lands.svg Adélieland
Bandera de la Provincia de Tierra del Fuego.svg Argentyns-Antarktika
Flag of Australia.svg Australies-Antarktiese Gebied
Flag of the British Antarctic Territory.svg Brits-Antarktiese Gebied

Flag of Magallanes, Chile.svg Chileens-Antarktika
Flag of New Zealand.svg Ross-Afhanklikheid
Flag of Norway.svg Koningin Maudland · Peter I-Eiland
Flag of German Reich (1935–1945).svg Voormalige aanspraak: Nieu-Swabië  (1939–1945)


 
Oorsese gebiede van Noorweë
Flag of Norway.svg
Bouvet-eiland · Jan Mayen · Koningin Maudland · Peter I-Eiland · Svalbard