Adam Johann von Krusenstern

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Adam Johann Baron von Krusenstern (1770-1846)

Adam Johann Baron von Krusenstern (ook bekend as Iwan Fjodorowitsch Krusenstern, Ivan Fedorovich Kruzenshtern, Russies Ивáн Фёдорович Крузенштéрн; * 19 November 1770 in Haggud naby Rapla, Estland; † 24 Augustus 1846 in Slot Ass naby Kiltsi, Estland) was 'n Duits-Baltiese admiraal in die Keiserlike Russiese Vloot. Hy was die eerste Russiese vlootaanvoerder wat om die aardbol geseil het. Sy suster, Christiane von Krusenstern, het in 1795 die tweede vrou van die Duitse skrywer August von Kotzebue geword.

Krusenstern het sy opleiding aan die Seekadettekorps in Kronstadt voltooi en tussen 1787 en 1790 aan die Russiese oorloë teen Swede deelgeneem. Van 1793 tot 1799 het hy in Noord-Amerika, Afrika en Asië diens in die Britse Vloot gedoen.