Augrabies Nasionale Park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Augrabies Nasionale Park
Die Augrabies waterval
Die Augrabies waterval
Land Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Naaste dorp Upington
Ligging van Augrabies Nasionale Park op 'n kaart (Noord-Kaap)
Augrabies Nasionale Park
Augrabies Nasionale Park
Koördinate: 28°35′28″S 20°20′18″O Koördinate: 28°35′28″S 20°20′18″O
Oppervlak 820 km2
Openingsjaar 1966
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Augrabies Nasionale Park

Die Augrabies Nasionale Park is 'n nasionale park wat ongeveer 120 km wes van Upington geleë is in die Noord-Kaap van Suid-Afrika. Die park is in 1966 gestig. Die park is ongeveer 820 km2 groot, en lê langs die Oranjerivier. Die Augrabieswaterval is ongeveer 60 meter hoog en is veral aanskoulik wanneer die rivier in vloed is. Die kloof onder die waterval is gemiddeld 240 m diep en is 18 km lank. Die kloof is 'n goeie voorbeeld van erosie in graniet.

Die oorspronlike Hottentotinwoners het die waterval Aukoerebis gedoop, wat beteken "plek van groot geraas". Dit is van hierdie naam wat die trekboere die naam Augrabies verkry het.

Diamante is wyd aangetref langs die Oranjerivier, en daar is 'n legende dat die grootste fonds diamante in die wêreld gevind sal word in die kolkgat wat deur erosie gevorm is aan die voet van die waterval.

Die mees kenmerkende boom in die park is die reuse aalwyn (Aloe dichtoma), wat meer algemeen bekend is as die kokerboom ((en) quiver tree). Die boom is perfek aangepas in die droë woestynagtige klipgebied van die Nama-Karoo, en kan die arm grond benut en buitengewone temperature weerstaan. Die boom, wat ongeveer 5 m hoog groei, word die kokerboom genoem omdat die Boesmans die sagte takke gebruik het om kokers vir hulle pyle te maak. Die boom blom in die winter en lok groot getalle voëls en selfs bobbejane met die soet nektar.

Wildlewe wat in die park aangetref word sluit in die springbok, klipspringer, swartooievaar en dwergvalk.

'n Doppruim in Augrabies se kampterrein

Eksterne skakels[wysig]